Meer as 20 000 plase regoor Suid-Afrika is in Mei vanjaar te koop aangebied.
Die voorsitter van Agri Development Solutions, Johann Bornman, het aan Netwerk24 gesê dit is die eerste keer in die geskiedenis wat die 20 000-kerf verbygesteek is, en die droogte het geweldig tot dié styging in die aanbod van plase bygedra.
Hy het ook gewaarsku dat dit ’n groot probleem vir die land se landbou kan inhou.
Bornman sê kommersiële boere is moeilik vervangbaar en dit hou ook groot implikasies in vir baie mense, waaronder plaaswerkers.
The post 20 000 plase in Mei te koop aangebied appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.