![Winkeleienaar deur 3 rowers doodgeskiet](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/7j1xdd7-34-150x150.png)
Die 26-jarige eienaar van ‘n winkel is vanoggend in Doonside by Amanzimtoti in Kwazulu-Natal doodgeskiet.
Die polisie se kolonel Thembeka Mbhele sê die man was besig om die winkel oop te sluit toe hy deur drie gewapende rowers in die bors geskiet is.
Die rowers het glo kontant van hom geëis.
The post Winkeleienaar deur 3 rowers doodgeskiet appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.