![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Eskom-power-lines_7412450-7-150x150.jpg)
Die parlementêre komitee oor Openbare Ondernemings gaan met ‘n volskaalse ondersoek na Eskom begin.
Die DA het die ondersoek aangevra en volgens die party se woordvoerder, Natasha Mazzone, sal daar op 21 Junie met die ondersoek begin word.
Sy sê van die kwessies waarna gekyk sal word, is die heraanstelling van van Brian Molefe as uitvoerende hoof, uitbetalings wat aan Molefe gemaak is, die nepotismeskandaal rondom Matshela Koko, en bewerings dat die seun van president Jacob Zuma, Duduzane, ‘n vals intelligensieverslag opgestel het wat die president in 2015 gebruik het om vier Eskom-raadslede af te dank.
The post Volskaalse ondersoek na Eskom appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.