![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-72-150x150.png)
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, sê Suid-Afrika sal nie ‘n militêre staatsgreep in Lesotho duld nie.
Sy het gereageer op die weiering van die leër van Lesotho om die uitslag van verlede week se verkiesing in die land te aanvaar waarin die voormalige eerste minister, Pakalitha Mosisili, verslaan is nie.
Nkoana-Mashabane sê Suid-Afrika sal voortgaan om die situasie in Lesotho te monitor en die mense van die land te ondersteun in hul pogings om vrede te vind.
The post “SA sal nie militêre staatsgreep in Lesotho duld nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.