![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-70-150x150.png)
Die DA se tugverhoor van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, sal aanstaande maand plaasvind.
‘n DA-paneel het vanoggend agter geslote deure met Zille en haar regsverteenwoordiger, Gert van der Linde, vergader en volgens die voorsitter van die party se federale regskommissie, Glynnis Breytenbach, sal alle vertroulike aspekte van die verhoor teen Woensdag uitgesorteer wees.
Zille word daarvan aangekla dat sy die DA in oneer gebring het deur haar twiets oor kolonialisme.
The post Helen Zille se tugverhoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.