![3 kinders sterf in brand](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Fire-15-150x150.jpg)
Drie kinders van drie, ses en 13 jaar oud is in die vroeë oggendure dood toe ‘n houthut in Valhalla Park buite Kaapstad deur ‘n brand in puin gelê is.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel André Traut, sê die kinders se 34-jarige ma en nog twee kinders het ernstige brandwonde opgedoen.
Volgens ‘n woordvoerder van die Kaapstad-metro se brand en reddingsdienste, Theo Layne, is die brand is deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak.
The post 3 kinders sterf in brand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.