![Die top-universiteit in Afrika](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-68-150x150.png)
Die Universiteit van Kaapstad is volgens die jongste wêreldranglys vir universiteite dié top-universiteit in Afrika.
Die universiteit beklee die 191ste plek uit byna ‘n duisend universiteite regoor die wêreld.
Die Universiteit Stellenbosch is nommer 361 op die lys, met die Universiteit van die Witwatersrand kort op sy hakke in die 364ste plek.
Dié drie universiteite is ook die voorste universiteite in Afrika.
Die Massachusetts Instituut van Tegnologie is vir die sesde agtereenvolgende jaar aangewys as die beste universiteit ter wêreld, terwyl die Universiteit van Cambridge die beste universiteit in Europa is.
The post Die top-universiteit in Afrika appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.