![Mgidlana op spesiale verlof geplaas](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-67-150x150.png)
Die sekretaris van die Parlement, Gengezi Mgidlana, is deur die speaker, Baleka Mbete, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, op spesiale verlof geplaas.
Volgens Mbete is verskeie bewerings oor administratiewe onreëlmatighede teen Mgidlana vir ‘n ondersoek na ‘n onafhanklike ouditkomitee van die Parlement verwys.
Die parlementêre tak van die vakbond, Nehawu, het vroeër die week die onmiddellike skorsing van Mgidlana geëis.
The post Mgidlana op spesiale verlof geplaas appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.