Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Brande: Skenkings vir diegene wat geraak word

$
0
0

Banke, maatskappye en winkelgroepe het reeds mildelik bygedra om mense wat deur die verwoestende brande in die Suid-Kaap geraak is, te help.

Twee van Suid-Afrika se vier grootste banke, FNB en ABSA, het gister skenkings van R10 miljoen elk gemaak.

ABSA het ook 5000 tente – wat gewoonlik gebruik word deur fietsryers wat aan die Cape Epic-bergfietsren deelneem – geskenk.

Die hulporganisasie, Gift of the Givers, sê winkelgroepe en maatskappye wat bydraes in die vorm van geld, blikkieskos, komberse, gebottelde water en ander voorrade geskenk het, is onder meer Game, Woolworths, Shoprite-Checkers, Makro, Discovery, Vitality en Outsurance.

Gift of the Givers self het 32 ton gebotelde water, komberse, kos en tente gekoop, en tien nooddiensspesialiste, ambulanse, vragmotors en ondersteuningspersoneel na Knysna gestuur.

Die brandbestrydingsorganisasie, Working on Fire, in die Vrystaat het gister en vandag vyf spanne brandbestryders na die Suid-Kaap gestuur om die brande te help blus.

Die 125 Vrystaters is afkomstig van Bloemfontein, Thaba Nchu, Warden, Marquard en Rouxville.

Veertig brandbestryders vertrek ook vandag vanaf die O R Tambo Internasionale Lughawe by Kemptonpark na George om met brandbestryding in Knysna te help.

‘n Johannesburgse sakeman, Diederichs Stopforth, wat dit gereël het, sê hulp het ingestroom en vliegkaartjies is gekoop om die brandbestryders met hul toerusting in die Suid-Kaap te kry.

Groot sake-ondernemings het ook hulp belowe met vervoer, kos, komberse en tweerigtingradios.

The post Brande: Skenkings vir diegene wat geraak word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!