![Polisieman in Parys met hamer aangeval](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-38-150x150.png)
Voorlopige aanduidings is dat die man wat gister ‘n polisieman naby die Notre
Dame-katedraal in Parys, Frankryk, aangeval het, alleen opgetree het.
Groot getalle polisiebeamptes is ontplooi ná die aanval en nagenoeg 1000 toeriste is in die katedraal beveilig totdat die polisie seker was dat die aanvaller alleen opgetree het.
Die man, wat die polisieman met ‘n hamer aangeval het, het ook messe by hom gehad.
Volgens ‘n identifikasiekaart wat hy by hom gehad het, is hy ‘n Algerynse student.
Hy het tydens die aanval geskree dat hy dit vir Sirië doen.
Die polisie het hom gewond.
‘n Saak van terreur word deur die staatsaanklaer se kantoor ondersoek.
The post Polisieman in Parys met hamer aangeval appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.