![Metro se begroting, ontwikkelingsplan "nie prakties"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/VF-Plus-6-150x150.jpg)
Die Vryheidsfront Plus sê die Mangaung-metromunisipaliteit se voorgestelde begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan is nie praktiese uitvoerbaar nie.
Die party se Metroraadslid, Devar Smit, sê die metro het ‘n geskiedenis van swak implementering en wanbestuur.
Smit sê ook die verhoging van elektrisiteitstariewe is nie in lyn met die NERSA-goedgekeurde 1.8% nie.
Hy sê in ‘n verklaring die voorgestelde verhogings van tariewe en heffings sal ʼn onbekostigbare las op die reeds vuisvoos betalende verbruiker plaas.
“Dit is die VF Plus se mening dat daar te min begroot is vir die instandhouding en opgradering van die watervoorsienings- en rioleringsnetwerke van die metro, terwyl astronomiese bedrae elders bestee word. “Die munisipaliteit behoort sterker klem te lê op die invordering van debiteure en die beperking van water- en elektrisiteitsverliese. Die verhoging van tariewe is nie die oplossing nie.”
The post Metro se begroting, ontwikkelingsplan “nie prakties” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.