![Rosestad 100.6 Christie Konneksie Die poets van die afsaagery van Manhattan-eiland](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Christie-Konneksie-Die-poets-van-die-afsaagery-van-Manhattan-eiland-150x150.jpg)
Die ‘afsaag’ van Manhattan-eiland is ‘n ou New Yorkse storie waarin beweer word dat inwoners van die eiland, weens gerugte wat hoofsaaklik deur skeepstimmerman versprei is, van die vasteland sou afskeur.
“Op die dag van beplande gesaagery, was daar ‘n groot seremonie met die inwoners wat slaggereed was om die Manhattan-eiland te red.”
Volgens die gerugte het die gewig van die geboue daartoe gelei dat die eiland uiteindelik sou sink.
Die timmerman, ‘n ene Lozier, het voorgestel dat die hele eiland afgesaag en dan omgedraai word om die eiland te stabiliseer.
Lozier het ‘n reuse-projek van stapel gestuur, waarin inwoners op ‘n spesifieke dag almal bymekaar sou kom en die eiland afgesaag sou word.
Op die dag van beplande gesaagery, was daar ‘n groot seremonie met die inwoners wat slaggereed was om die Manhattan-eiland te red.
Almal was daar, behalwe Lozier.
Dit word beskou as een van die grootste poetse wat Amerika gesien het.
Volgens Wikipedia bestaan daar egter geen bewyse van die poets nie, aangesien geen koerant destyds daarvan melding gemaak het nie. Koerante het egter nie oor poetse berig gedoen nie, maar geen bron kan verifieer of legende waar is nie.
The post Die poets van die afsaagery van Manhattan-eiland appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.