!["Nie-betaling van erfbelasting affekteer dienslewering"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/40B2DF1D00000578-4535338-image-m-136_1495571260203-20-150x150.jpg)
Die Demokratiese Alliansie sê die nie-betaling van erfbelasting deur die Vrystaatse regering aan Vrystaatse Munisipaliteite affekteer dienslewering in die provinsie.
Die provinsie se Departement van Openbare Werke skuld munisipaliteite soveel as R500 miljoen aan agterstallige munisipale heffings.
Die DA se Leona Kleynhans sê dit is onaanvaarbaar dat die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit se kantore tans sonder elektrisiteit is en beamptes nie hulle werk kan verrig nie.
Die munisipaliteit se elektrsiteit is afgesny weens die feit die hy, op sy beurt, nie sy elektrisiteitverskaffer kon betaal nie.
Skole is ook afhanklik van die funksionering van die kantore.
Kleynhans sê dit vreemd dat nòg die Onderywsdepartement nòg die Departement van Openbare Werke ingegryp het om die situasie te ontlont.
Sy sê die DA sal vrae aan die LUR, Dora Kotzee, in die wetgewer rig om uit te vind hoe departement beplan om die uitstaande gelde aan munisipaliteite te betaal.
The post “Nie-betaling van erfbelasting affekteer dienslewering” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.