![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/40B2DF1D00000578-4535338-image-m-136_1495571260203-19-150x150.jpg)
Die sikloon, Mora, het Bangladesj vanoggend met stortreën en ‘n stormwind van tot 135 kilometer per uur geteister.
Volgens die jongste berigte was daar nog geen ongevalle nie, maar duisende huise is beskadig.
Meer as 300 000 mense het voor die aankoms van Mora uit kusdorpies gevlug en word in sikloonskuilings, skole en regeringskantore gehuisves.
The post Sikloon Mora woed deur Bangladesj appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.