![Kabinetskommeling: Zuma het nog nie redes gegee nie](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-51-150x150.jpg)
Die politieke ontleder Theo Venter sê dit is nie vergesog nie dat ’n mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma op die naweek se vergadering van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC in Centurion opnuut bespreek kan word nie.
Dit volg na aanleiding van ’n berig van die nuusagentskap Bloomberg dat twee ongeïdentifiseerde senior partyamptenare van die ANC aan hom gesê het die verwydering van Zuma sal op die vergadering bespreek word.
Venter sê dit het die afgelope paar weke duidelik geword dat die teenstand teen pres. Zuma binne en buite die ANC al hoe groter begin word. Die rand het na die nuus met een komma vyf present teenoor die dollar verstewig.
The post Mosie van wantroue in Zuma op spits gedryf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.