![Manchester: Verdagte (23) gearresteer](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-35-150x150.jpg)
Die Britse polisie het ‘n 23-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met gisteraand se bomaanval in die stad Manchester wat die lewens van minstens 22 mense, onder wie verskeie kinders, geeis het.
Bykans 60 konsertgangers is in die selfmoordbom ontploffing in die Arena stadion beseer.
Die sogenaamde Islamitiese Staat groep hetintussen verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
The post Manchester: Verdagte (23) gearresteer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.