![Uitspraak in bedrogsaak uitgestel](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_1-70-150x150.jpg)
Uitspraak in ‘n bedrogsaak waarby ‘n voormalige senior amptenaar van die
Suid-Afrikaanse Inkomstediens en nog agt persone, insluitend drie voormalige
dosente aan Unisa, betrokke is, is tot Julie uitgestel.
Dit volg nadat die verdediging ván die getuienis teen die voormalige risikobestuurder van die inkomstediens, Mandisa Mokoena, betwis het.
Mokoena en sy medebeskuldiges staan tereg op 58 aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie wat verband hou met tender-onreëlmatighede.
The post Uitspraak in bedrogsaak uitgestel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.