![VN vergader oor Noord-Korea se missieltoets](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-13-150x150.jpg)
Die Veiligheidsraad van die VN vergader vandag om Noord-Korea se jongste
missieltoets te bespreek.
Die vergadering is deur Amerika, Japan en Suid-Korea belê.
Noord-Korea het die afgelope naweek ‘n missiel tot in die see aan sy ooskus afgevuur.
Dit is die tweede missieltoets in ‘n week.
Suid-Korea sê die jongste toets het enige moontlikheid van vrede tussen die buurlande vernietig.
Die Veiligheidsraad het in 2006 sanksies teen Noord-Korea ingestel.
The post VN vergader oor Noord-Korea se missieltoets appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.