!["Phahlane moet geskors word" - Opod](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-80-150x150.jpg)
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) wil hê dat die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Khomotso Phahlane, geskors word hangende ’n Opod-ondersoek teen hom.
Phahlane het na bewering by die ondersoek teen hom ingemeng en hy en die uitvoerende direkteur van die Opod, Robert McBride, en hul onderskeie spanne het vandag in die Parlement voor die portefeulje oor polisie verskyn.
Opod het vroeër in ’n beëdigde verklaring beweer Phahlane het ’n boukontrakteur by sy huis met groot bedrae kontant uit plastieksakke in sy BMW se kattebak betaal, en nagenoeg R710 000 kontant is glo by drie geleenthede aan die boukontrakteur betaal.
The post “Phahlane moet geskors word” – Opod appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.