![Petrolprys kan dalk daal](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/P_prices-3-150x150.png)
Die Outomobiel Assosiasie is optimisties dat die petrolprys aanstaande maand met ongeveer 24 sent per liter kan daal.
Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds kan verwag word dat diesel met 20 sent ‘n liter goedkoper sal word en dat die prys van paraffien met 21 sent per liter kan daal.
Die AA waarsku egter dat dit baie moeilik is om brandstofpryse vooruit te voorspel, aangesien die rand-dollar-wisselkoers, asook internasionale oliepryse op die oomblik baie wisselvallig is.
The post Petrolprys kan dalk daal appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.