![Gigaba se raadgewer "oor die kole gehaal"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-79-150x150.jpg)
Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê sy omstrede ekonomiese raadgewer, Chris Malikane, is oor die kole gehaal en sal nie weer in die openbaar uitlatings maak wat strydig met regeringsbeleid is nie.
Malikane het sedert sy aanstelling opslae gemaak met uitlatings oor ’n gewapende stryd vir radikale ekonomiese transformasie, asook sy openlike steun vir die nasionalisering van die Reserwebank, grondonteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van banke en myne.
Gigaba het in antwoord op ‘n parlementêre vraag gesê professor Malikane het sedert sy omstrede uitlatings ’n induksie-kursus ondergaan om sy akademiese lewe in verhouding te bring met die rol van die minister van finansies.
The post Gigaba se raadgewer “oor die kole gehaal” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.