Suid-Afrika het teruggesak op ‘n onafhanklike ranglys van die wêreld se
kwesbaarste state en staan nou op die 96ste plek uit 178 lande.
Die nieregeringsorganisasie, Fund for Peace, plaas lande jaarliks op ‘n ranglys volgens maatskaplike, ekonomiese en politieke aanwysers om potensiële risiko’s te identifiseer.
Suid-Soedan is die kwesbaarste staat, gevolg deur Somalië, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Jemen.
Van die redes wat aangevoer word vir Suid-Afrika se posisie op die ranglys is ernstige ekonomiese uitdagings en verdeeltheid in die bevolking en die land se leierskap
The post Lys van kwesbaarste state: SA is nommer 96 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.