!["Mense het hul respek in die polisie verloor"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/robert-mcbride4-918x535-2-150x150.jpg)
Die waarnemende polisiekommissaris, Kgomotso Phahlane, en die OPOD-hoof, Robert McBride, gaan vanoggend voor die parlement se Komitee oor Polisie verskyn.
Die twee gaan die komitee inlig oor bewerings deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat dat die polisie by ondersoeke na hooggeplaaste beamptes inmeng. Verlede week het McBRide teenoor LPs gekla dat hoe meer senior amptenare betrokke is, hoe moeiliker is dit vir hulle om hul ondersoeke uit te voer.
Hy’t verder gese dat Phahlane ‘n oorlog voer teen die direktoraat. McBride het ook hul klein begroting vir hofsake betreur, teenoor dit wat die Polisiediens tot hulle beskikking het.
The post Phahlane, McBride verskyn voor parlement appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.