![VL EN SAPD BEHAAL SUKSES MET MISDAADVOORKOMING](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/la-fi-spacex-explosion-live-mark-zuckerberg-facebook-spacex-1472750124-4-150x150.jpg)
Die polisie in Bloemfontein het ’n grootskaalse soektog begin na vier gewapende mans wat gister ’n kluis by ’n vulstasie in Kagisanong in die stad opgeblaas en met ’n onbekende bedrag geld gevlug het.
Netwerk24 berig die rowers was hulle eers in ’n skietery met polisiebeamptes betrokke waarna hulle gevlug het. Niemand is in die voorval beseer nie. Volgens konst. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het die rowers vier werkers aangehou terwyl hulle ’n kluis met plofstof opgeblaas het.
Hulle het daarna met ’n onbekende bedrag in die rigting van Dewetsdorp gevlug. Klagte van sakeroof en poging tot moord word ondersoek.
The post Bfn-polisie soek na kluis-bende appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.