![Trump bekragtig nuwe reisverbod](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/kk-173-150x150.png)
‘n Amerikaanse koerant berig dat President Donald Trump hoogs geklassifiseerde intelligensie oor die Islamtiese Staat-militantegroep aan die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov bekendgemaak het.
Die Washington Post sê dit het verlede week plaasgevind tydens ‘n vergadering tussen Trump en Lavrov. Die intelligensie kom volgens berigte van ‘n Amerikaanse bondgenoot wat nie aan Amerika toestemming gegee het om die inligting met Rusland te deel nie.
Die Amerikaanse nasionale veiligheidsadviseur, H.R. McMaster sê dat Trump en Lavrov gemeenskaplike bedreigings bespreek het, maar ontken dat geklassifiseerde inligting bekendgemaak is.
The post Trump lek glo inligting oor Islamitiese Staat-groep aan Rusland appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.