![ANC wil mediatribunaal ondersoek](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/ANC-10-150x150.png)
Terwyl opposisiepartye in die Noord-Kaap die ondersoek verwelkom het na na bewerings dat 26 miljoen rand se staatsgeld misbruik is om vir die ANC se pas afgelope konferensie op Colesberg te betaal, was die ANC doodstil hieroor.
Die Valke se woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het bevestig dat die Valke ondersoek instel na bewerings van korrupsie nadat hulle met die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, vergader en sy sekere dokumente oorhandig het.
Daar word beweer dat geld van die departement van ekonomiese ontwikkeling, finansies en toerisme deur ’n ontwikkelingsfonds vir klein- en mediumgrootte sakeondernemings gekanaliseer en gebruik is om vir die konferensie te betaal.
The post ANC swyg oor Colesberg-konferensie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.