![SAL KAN VERBIED WORD VAN HONGKONG-ROETE TE VLIEG](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/31-spacex-1.w190.h190.2x-1-3-150x150.jpg)
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moes ‘n vlug omdraai voordat hy sou opstyg sodat die kajuitbemanning ‘n verlengstuk vir ‘n veiligheidsgordel vir ‘n vrou met ‘n voller figuur kon kry.
Netwerk24 berig die vliegtuig was gereed om van die Kaapstadse lughawe op te styg toe Karabo Seitei, ’n onderwyseres van Pretoria, nie haar gordel kon vaskry nie. Volgens Seitei vra sy gewoonlik vir ’n verlengstuk sodra sy in ’n vliegtuig klim, maar daar was nie een aan boord nie.
Sy het gevra of dit veilig is om daarsonder te vlieg, waarna die vliegtuig op die aanloopbaan omgedraai en weer gaan parkeer het. ’n Halfuur later is ’n helder oranje verlengstuk gebring en is Seitei onder gegiggel van die ander passasiers deur die lugwaardin soos ‘n kind behoorlik vasgegordel.
Die lugdiens het oor die interkom verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak is deur een van hul oorgewig passasiers aan boord.
The post SAL verneder vrou met voller figuur appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.