Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Kyk: Coligny-geweld skerp veroordeel

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Coligny-geweld veroordeel

Agri S.A het die geweld wat gister op Coligny in Noordwes uitgebreek het, skerp veroordeel.

Geweld het uitgebreek nadat twee mans, Pieter Doorewaard en Phillip Schutte op borgtog vrygelaat is ná die dood van die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

Die president van Agri S.A, Johannes Möller sê net soos in die moordsaak, moet die gereg sy loop neem in die ondersoek na die misdadige optrede wat teen die wit landbougemeenskap gemik is.

Möller het die polisie gevra om beskerming aan die landbougemeenskap te verleen.

Solidariteit gaan intussen vandag ʼn klag van haatspraak teen die premier van Noordwes Supra Mahumapelo by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig maak .

Mahumapelo het by Matlhomola Mosweu se begrafnis, nog voor die hof se uitspraak in die borgtogverhoor, Afrikaners by name van rassisme en die dood van die seun beskuldig.

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, dit is nou die tyd vir leierskap om die krisis te ontlont, en nie om die tragiese dood van ʼn kind te misbruik om mense met rasse-uitsprake op te sweep nie.

Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, sê Mahumapelo se uitsprake kan die gemoedere opjaag indien hy daarmee voortgaan, en die premier sal dan pa moet staan indien daar weer gewelddadige betogings rondom die saak ontstaan.

“Wanneer wit persone deur swartes vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie omgekeerd is, maak die ANC rassisme daarvan. Dit is onaanvaarbaar.”Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

 

The post Kyk: Coligny-geweld skerp veroordeel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!