![Rosestad 100.6 Nuus Renosterhorings - toestemming verkry](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Renosterhorings-toestemming-verkry-150x150.jpg)
Die horings van twee renosters van die Bloemfontein-dieretuin wat verwyder is, is glo gedoen nadat toestemming by ‘n veearts sowel as sekere departemente verkry is en is is glo veilig in ’n kluis vir bewaring toegesluit.
Netwerk24 berig die inligting is betroubaar verneem, maar die Mangaung Metrobestuurder, adv. Tankiso Mea, kon dit egter nie bevestig nie.
Mea beweer hy weet nie dat die horings veilig toegesluit is nie en is ‘n interne sowel as polisie-ondersoek steeds aan die gang.
Aanvanklik is berig talle vrae omhul die voorval waarin twee renosters van die Bloemfontein-dieretuin na bewering sonder toestemming onthoring is, waarna twee senior amptenare van die dieretuin geskors is.
Daryl Barnes, bestuurder van die dieretuin wat glo geskors is, het vroeër gesê die waarheid rondom die horing-skandaal nog sal uitkom.
The post Renosterhorings: ‘toestemming verkry’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.