Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Sportster: Hier is die genomineerdes

$
0
0

Radio Rosestad en Cell C vereer met trots plaaslike sportlui wat op hulle gebiede presteer het. Eerskomende Donderdag word die wenners uit de verskillende kategorië tydens die Radio Rosestad en Cell C sportonbtyt bekendgemaak:

RADIO ROSESTAD EN CELL C SE JUNIOR SPORTVROU KATEGORIE

LU-ZAHN JANSEN VAN RENSBURG – GIMNASTIEK

Lu-Zahn, ‘n leerder aan Hoërskool Sentraal neem in die Artistiese- en Trampolien afdelings deel. As Vrystaat kampioen het sy op die SA spele goue medaljes in die spronge en balk behaal. Sy het ook as alghele wenner uit die stryd getree. Sy was ook kaptein en lid van die SA Gimnastiekspan wat in Zimbabwe aan die streek 5 kampioenskap deelgeneem het. Hier het sy ‘n 4de plek behaal, terwyl SA met die meeste medaljes teruggekeer het. Sy neem ook aan Atletiek deel en speel ook vir haar skool se eerste Netbalspan.

THARINA VAN DER WALT – ATLETIEK

Hierdie jong leerder aan die Hoërskool Jim Fouché, het tot dusver vanjaar as SA se beste jeug veldatleet na vore getree. Van die begin van die seisoen af was daar net goud oor haar prestasies geskryf. Van haar top prestasies sluit in:

  • Tydens die Motheo-Xhariep (Suid-Vrystaat) skole byeenkoms teken sy in die hamergooi ‘n nuwe SA skole rekord van 61.25m aan.
  • In die diskusgooi behaal sy ook ‘n nuwe Vrystaat Skole rekord van 45.83m.
  • Tydens die Vrystaat skole kampioenskap verbeter sy haar eie SA rekord na 62.82m. Hiermee kwalifiseer sy ook vir die Wêreld Jeug (O/18) kampioenskap later vanjaar in Kenia.
  • Tydens die SA skole byeenkoms in Durban asook die SA Jeug Atletiekkampioenskap in Kaapstad, wen sy goud in die hamergooi, terwyl sy met ‘n afstand van 49.84m in die diskus ook vir die Wêreld Jeug kampioenskap kwalifiseer.
    Indien sy reg bestuur word, kan sy een van die wêreld se grotes word.

1 Rosestad 100.6 Nuus Engo Vir Ons Kinder 2017RADIO ROSESTAD EN CELL C SE JUNIOR SPORTMAN KATEGORIE

TRENTON TRISOS – RUITERKUNS

Trenton, ‘n leerder aan St Andrews in die Rosestad, het al heelwat puik vertonings in die perdesport opgedis. Hy begin sy loopbaan op ‘n boerperd. Gedurende 2014 en 2015 neem hy aan die Nasionale kampioenskap deel. Hy neem in al ses dissiplines deel wat hy ook inpalm en hom as die SA kampioen kinderruiter laat kroon het. In 2016 wen hy die Perd van die Jaar kampioenskap in twee afdelings. Hy neem vir die Vrystaat skolespan aan die SA kampioenskap deel. Om die Vrystaatspan te kon haal, moes hy aan vier kwalifserende skoue deelgeneem en elke keer in die top vier posisie klaargemaak het. 900 Perde neem aan die Nasionale kampioenskap en ‘n A + B span van vier ruiters van 10 provinsies word toegelaat om deel te neem. Tydens die SA kampioenskap kom hy 10de en 15de uit 53 ruiters in Dressering. Hy behaal ‘n 5de en 8ste plek in die Dressering Prix-kampioenskap. Hy eindig as die beste Vrystater in al vier die dissiplines en behaal ‘n 3de plek algeheel (uit al die provinsies). Hy en sy ponie, Rappongi word gekroon as die Kinderponie kampioen van die Jaar.

HEINRICH THERON – ATLETIEK

Hierdie 11 jarige atleet van Grey Primêr het gedurende die seisoen puik in die gewigstoot vir seuns O/10 gevaar. Volgens die APE tabelle het hy op verskeie byeenkomste 946 punte en hoër behaal. Op die SA Primêre skole atletiekbyeenkoms in Potchefstroom is hy as die SA kampioen gekroon, met sy beste afstand van die seisoen van 14.43m. Met hierdie afstand het hy 1035 punte op die tabelle behaal. Met hierdie skitterende vertoning was hy nie net as die beste veldatleet gekroon nie, maar ook die beste SA Primêre skole atleet. Van hierdie jong diamant gaan ons nog baie van hoor.

WILCO NIENABER – GHOLF

Hierdie jong 17 jarige talentvolle gholfspeler en leerder aan Grey Kollege het tot dusver vanjaar die wêreld verstom met sy skitterspel. Wilco het tydens die SA O/19 toernooi wat in Durbanville in die Kaap gehou is, die Nasionale titel ingepalm. Hiermee het hy ook Internasionale deelname verseker. Intussen het hy ook die Senior mans toernooi van die Noord-Kaap wat in Kimberley beslis is, ingepalm. Hy het ook die SA Noord/Suid Orde van Meriete toernooie ingepalm. Hy is ook uitgenooi na die Wêreld Duitse Meesterstoernooi vir Juniors wat hom heelwat wêreld ranglyspunte kan besorg. ‘n Tweede Gary Player of Ernie Els het op die Vrystaatse gholf horison verskyn.

JUSTIN COETZEE – GIMNASTIEK

Justin, ‘n leerder aan die Hoërskool Fichardtpark neem in die Tuimel- en Trampolien afdelings deel. Sy beste prestasie is dat hy vir die SA Gimnastiekspan ‘n goue medalje tydens die Suider-Afrika streek 5 kampioenskap in Zimbabwe op die Euro Trampolien gewen het. Tydens die SA spele verower hy ook 3 goue medaljes en ‘n silwer medalje. Sy goues het hy verdien op die dubbel-mini trampolien, Euro trampolien en in die sinchronisasie afdeling. Hy verower ook sy silwer in die tuimel afdeling. Hy was ook die Vrystaat kampioen in al vier die Gimnastiek Dissisplines waaraan hy deelgeneem het.

 

RADIO ROSESTAD EN CELL C SE SPORTVROU KATEGORIE

JO-ANN VAN SCHALKWYK – JUKSKEI

Hierdie jong student en plaasvrou is haar lewe lank al betrokke by Jukskei. Sy het van kleins af deur al die range gekom en was in 2016 die kaptein van O/30 Streekspan wat goud verower het. Sy word ook op die ouderdom van 24 jaar verkies tot die SA Senior Damesspan. In 2017 verteenwoordig sy die Vrystaat op die SA kampioenskap. Sy speel vir die Streekspan en is weereens ingesluit in die SA Nasionale span. Hierdie span klop die VSA en Namibië in ‘n toets. Jo-Ann dien ook tans op die Jukskeibestuur as Direkteur van afrigting.

MIZAN VILJOEN – ATLETIEK

Mizan, ‘n matrikulant aan die Hoër Meisieskool Oranje, het vanjaar in verskeie stapnommers uitgeblink. Haar prestasies sluit in:

  • ‘n Goue medalje en SA rekord van 25 minute en 12 sekondes (wat gestaan het op 25 minute en 20 sekondes vir O/20 vroue wat sy op die Afrika Streek 5 kampioenskap in Luanda, Angola behaal het.
  • ‘n Derde plek tydens die SA skole byeenkoms in Durban in die 10 000m stap vir meisies O/19.
  • Verder wens sy ook ‘n silwer medalje tydens die SA Junior (O/20) byeenkoms in Kaapstad in die 10 000m vir O/20 vroue.
  • ‘n Goue medalje in die 10km stap vir vroue tydens die SA Senior Kampioenskap in Potchefstroom.
    Van hierdie jong diamant gaan ons nog baie hoor.

1 Rosestad 100.6 Nuus Engo Vir Ons Kinder 2017RADIO ROSESTAD EN CELL C SE SPORTMAN KATEGORIE

RUDI SECOND – KRIEKET

As kolwer vir die VKB Knights, het hy die afelope seisoen uitgeblink. Tydens die Sunfoil meerdag reeks het hy 634 lopies teen ‘n gemiddeld van 32.61 lopies per beurt gemoker. Hy het dit opgevolg met 396 lopies teen 36 lopie gemiddeld in die Momentumbeker Kitskrieket reeks. Hy is ingesluit in die SA A-span vir ‘n toer deur Engeland.

MARCHANT DE LANGE – KRIEKET

Een van SA se voorste snelboulers wqat die seisoen as een van die land se voorste boulers afgesluit het. Hy neem 34 paaltjies in die Sunfoilreeks teen ‘n gemiddeld van 27.64 en ook 11 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 25.92 in die Momentumbeker reeks. Hy oes ook 9 paaltjies in die T20 teen ‘n gemilddeld van 23.11 in. Hy speel tans Graafskap Krieket en is weer vir die Knights in die 2017/2018 seisoen beskikbaar.

DUANE OLIVIER – KRIEKET

Duane het vanjaar, veral in die Sunfoil meerdag reeks homself gevestig as een van SA se voorslag snelboulers. Hy het 52 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 18.13 ingeoes en het die reeks as die topbouler afgesluit. Hiermee het hy ook die VKB Knights gehelp om die Sunfoil trofee as SA se meerdag kampioen te kon inpalm. Die Nasionale keurders het hom raakgesien en is hy ook ingesluit in die Proteas se toetsspan en ook die SA A-span vir hulle voorgenome toer na Engeland. Verder is hy ook genomineer as Krieket SA se Sunfoil meerdag krieketspeler van die jaar.

THEUNIS DE BRUYN – KRIEKET

Hy het as kaptein van die VKB Knights met die kolf uitgeblink. Tydens die Sunfoilreeks het hy 751 lopies teen ‘n gemiddeld van 57.76 aangeteken. Met hierdie prestasie en sy puik leiersrol het hy die Knights gehelp om die Sunfoil trofee in te palm. In die T20 reeks teken hy ook 195 lopies aan teen ‘n gemiddeld van 48.75. Hy is ook ingesluit in die Proteas se toetsspan en ook sopas in die SA A-span vir ‘n toer teen Engeland A in Engeland. Verder is hy ook genomineer as Krieket SA se Sunfoil meerdag krieketspeler van die jaar.

Benewens dié genomineerdes, word twee plaaslike spanne ook eerskomende Donderdag met spesiale toekennings vereer vir hulle suksesse op die sportveld.

Bly ingeskakel op 100.6 FM vir inligting oor al die wenners.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

 

The post Sportster: Hier is die genomineerdes appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!