![Coligny: 2 in hof oor tienerseun se dood](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-5-150x150.jpg)
Dit was vanoggend stil in Coligny in Noordwes waar die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n tienerseun vermoor het, se borgtogaansoek na verwagting vandag sal voortduur.
Pieter Doorewaard en Phillip Schutte het Vrydag in die landdroshof gesê dat hulle R20 000 se borgtog sal kan betaal.
Hulle het die 16-jarige Matlhomola Mosweu na bewering op 20 April gevang terwyl hy sonneblomme gesteel het en was met hom na die polisiekantoor op pad toe hy na bewering van die bakkie afgespring en sy nek gebreek het.
The post Coligny: 2 in hof oor tienerseun se dood appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.