!["Druk teen Zuma, ANC besig om toe te neem"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/VF-Plus-4-150x150.jpg)
Die hoofsweep van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, sê die openbare druk teen die vergrype van president Jacob Zuma en die ANC-regering is duidelik besig om toe te neem.
Hy sê in ‘n verklaring die VF Plus sal voortgaan om alle konstruktiewe inisiatiewe van politieke partye en burgerlike organisasies te steun wat dit ten doel het om van die president ontslae te raak.
Mulder sê die party sal ook sy volle steun toesê aan die poging van die UDM om deur middel van ʼn hofbevel die speaker van die parlement te dwing om ʼn mosie van wantroue in Zuma deur ʼn geheime stemming te laat hou.
The post “Druk teen Zuma, ANC besig om toe te neem” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.