!['Phahlane moet geskors word' - DA](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-181-150x150.png)
Die DA gaan die nuwe minister van Polisie, Fikile Mbalula, versoek om die
waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Kgomotso Phahlane, te skors.
Die party se woordvoerder, Zak Mbhele, het dit gesê ná berigte dat Phahlane weier om sy samewerking aan die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat te gee.
Phahlane word ondersoek omdat hy na bewering geld aanvaar het vir tenders wat toegeken is tydens sy termyn as hoof van die polisie se forensiese dienste.
Sy regspan voer egter aan dat OPOD nie ‘n onafhanklike liggaam is nie.
Mbhele sê dit is belangrik dat Phahlane as hoof van die Polisie bó verdenking is.
The post ‘Phahlane moet geskors word’ – DA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.