![Bfn vroue stig buurtwag vir noordelike woonbuurte](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Police_flag-17-150x150.jpg)
’n Groep Bloemfonteise vroue het ’n buurtwag gestig vir Bloemfontein se
misdaadgeteisterde noordelike woonbuurte oor misdaad, veral huisbraak en
sakeroof, wat by die dag hier toeneem.
Netwerk24 berig die Northern Neighbourhood Watch Association (NNWA) se stigtingsvergadering is op 7 Mei om 19:00 in die Bergen-Dal-kerksaal.
Dit volg na ‘n vlaag misdade wat veral oor die Paasnaweek weer in die buurte voorgekom het.
Op ’n vergadering wat op 5 April in die Bergen-Dal-kerksaal gehou is, is op ’n voorlopige, vrywillige bestuursforum besluit totdat die noordelike buurtwag gestig is.
Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, is ’n ondersoekspan deur die Bayswater-polisiekantoor saamgestel om huisbraak te ondersoek en sal strate waar dit gebeur het, gepatrolleer word.
The post Bfn vroue stig buurtwag vir noordelike woonbuurte appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.