![Inwoners dreig om ANC-lid se huis af te brand](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-170-150x150.png)
Die inwoners van die Seven Days-woonbuurt op Mangaung buite
Bloemfontein het ‘n hoofweg versper uit protes teen ’n ANC-wyksraadslid.
Hulle het ook gedreig om die ANC-raadslid in Wyk 3, Khosi Mogapi, se huis af te brand as hul klagte nie deur die ANC en die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli, ondersoek word nie.
Die inwoners het Mogapi daarvan beskuldig dat sy hulle geïgnoreer het oor projekte wat deur die metro in die gebied bedryf word.
The post Inwoners dreig om ANC-lid se huis af te brand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.