![Jagter geskiet deur rowers](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-111-150x150.png)
’n Professionele jagter van Nylstroom/Modimolle in Limpopo is gistermiddag
trompop in sy huis geskiet terwyl hy op sy bed gesit en TV kyk het.
Die 36-jarige Sakkie Bloem was in sy huis in ’n stil woonbuurt van die dorp toe hy deur drie mans oorval en deur een in die bors geskiet is.
Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum in samewerking met die polisie en ’n misdaadbestrydingsorganisasie, het Bloem se gesteelde bakkie agternagesit.
Een van die verdagtes is later deur die polisie opgespoor en gearresteer.
The post Jagter geskiet deur rowers appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.