![Sokkerspeler in ontploffing beseer](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-112-150x150.png)
‘n Verdediger van die sokkerspan Borussia Dortmund, Marc Bartra, is in die
hospitaal opgeneem nadat hy gisteraand in ‘n ontploffing beseer is kort voor die span in die kwarteindstryd van die UEFA Kampioenskapsliga teen Monaco te staan sou kom.
Die kragmeting sou by hulle tuisstadion in Dortmund in Duitsland plaasvind.
Volgens die polisie het drie ontploffings plaasgevind kort nadat die bus met die span hul hotel verlaat het.
Die wedstryd is na die ontploffings uitgestel tot vanaand.
Bartra is die enigste speler wat in die ontploffings beseer is.
Hy het ‘n operasie ondergaan vir ‘n gebreekte been in sy gewrig.
The post Sokkerspeler in ontploffing beseer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.