![Man se ore afgeskeur deur veghonde](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/netcare-911-ambulance-2-150x150.jpg)
’n Man van Bloemfontein verkeer tans in ’n kritieke toestand in die Netcare
Pelonomi-hospitaal nadat hy deur twee Amerikaanse veghonde aangeval is terwyl hy na bewering by ’n huis in die stad gewerk het.
Netwerk24 berig albei die man se ore is deur die honde afgeskeur toe hy by die huis in Waverleyweg gewerk het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê die man is deur twee veghonde aangeval en het ernstige beserings aan die gesig opgedoen en albei sy ore is afgeskeur.
Volgens hom het die man ook bytmerke aan die linkerarm en -been opgedoen.
Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die hospitaal gebring is.
The post Man se ore afgeskeur deur veghonde appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.