![Chemiese aanval: VSA minister beskuldig Rusland](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-93-150x150.png)
Amerika se minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het Rusland daarvan beskuldig dat hy in gebreke gebly het om Sirië te keer om ‘n chemiese aanval op ‘n rebelledorp in die land uit te voer.
Hy sê Rusland het vroeër ingestem om te verseker dat Sirië se chemiese wapenvoorraad venietig word.
Die ministers van buitelandse sake van die G7-lande vergader later vandag in Italië oor hoe om druk op Rusland uit te oefen om hom van Sirië se president Bashar Al-Assad te distansieer.
Tillerson gaan ook ná die beraad sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrov, in Moskou ontmoet.
The post Chemiese aanval: VSA minister beskuldig Rusland appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.