!['Uitjouery by gedenkdiens deur ANC-jeugliga is onaanvaarbaar'](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-92-150x150.png)
Die ANC het ‘n beroep op sy leiers gedoen om faksies binne die party wat die organisasie uitmekaarskeur, af te breek en dringend werk daarvan maak om eenheid te bou.
Dié verklaring kom nadat die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, tydens gister se gedenkdiens vir die ANC-veteraan, Ahmed Kathrada, in Durban deur lede van die ANC-jeugliga gekoggel is.
Mkhize sê die gedrag die jeugliga is onaanvaarbaar en hy het namens die ANC om verskoning gevra aan diegene wat na die geleentheid genooi is, en vir die ongerief wat die uitjouery veroorsaak het.
The post ‘Uitjouery by gedenkdiens deur ANC-jeugliga is onaanvaarbaar’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.