Die UDM gaan vandag ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Kaapstad indien om die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, te dwing om ‘n geheime stemming toe te laat tydens die mosie van wantroue in president Jacob Zuma op 18 April.
Vorige pogings vir ‘n geheime stemming deur die UDM, COPE en Agang was onsuksesvol.
Die rede wat aangevoer was, is dat die reëls van die Nasionale Vergadering tans nie vir ‘n geheime stemming voorsiening maak nie.
The post UDM soek geheime stemming appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.