![Guptas se pantservoertuig oornag verwyder](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-89-150x150.png)
Die Guptas se militêre pantservoertuig is glo oornag van hul landgoed in Saxonwold, Johannesburg, verwyder.
Netwerk24 sê dit blyk dat die voertuig op ’n sleepwa gelaai en na ’n ander plek vervoer is.
Die Gupta-familie se prokureur, Gert van der Merwe, het vroeër aan Rapport bevestig dat die voertuig die familie se private eiendom is en dat dit vir veiligheidsdoeleindes gebruik word.
Vroeër is ook berig dat die DA die voorsitter van die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee, Jeff Radebe, gaan vra of die Guptas toestemming het om ‘n militêre voertuig te besit.
The post Guptas se pantservoertuig oornag verwyder appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.