!['ANC moet kern-uitbreidingprogram heroorweeg'](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-87-150x150.png)
Ekonome binne die ANC het die party gewaarsku om sy kern-uitbreidingsprogram te heroorweeg ná die afgradering van die land se kredietwaardigheid na rommelstatus.
Gerugte doen die ronde dat Eskom in Junie tenders vir die bou van vier kernkragsentrales sal uitnooi.
Die ANC se hoof van ekonomie, Enoch Godongwana, sê egter die planne vir die kernkragsentrales is opgestel voor Suid-Afrika afgegradeer is.
Hy sê die regering sal nou bestedingspatrone moet hersien om te verhoed dat die land in ‘n resessie beland.
The post ‘ANC moet kern-uitbreidingprogram heroorweeg’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.