Die ANC se voorsitter in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die party sal met
sy Jeugliga beraadslaag nadat Jeugligalede die gedenkdiens van Ahmed Kathrada in Durban ontwrig het, ondanks ‘n interdik deur die Durban-hooggeregshof wat dit verbied.
Die voormalige finans-minister, Pravin Gordhan is verskeie kere tydens sy toespraak onderbreek, terwyl lede van die Jeugliga liedere ter ere van Zuma gesing het.
President Jacob Zuma het Saterdag ‘n verskuilde aanval op Gordhan geloods deur mense te kritiseer wat by gedenkdienste negatiewe dinge oor die ANC-leierskap te sê het.
Gordhan het in sy toespraak gesê die ANC loop die risiko om die algemene verkiesing in 2019 te verloor tensy die party saamstaan.
The post Jeugliga onderbreek Gordhan by gedenkdiens van Kathrada appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.