!['Regering moet SAUK privatiseer'](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/AfriForum-6-150x150.jpg)
AfriForum het ’n beroep op die regering gedoen om die SAUK te laat privatiseer.
Dít volg nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat die SAUK in ’n ernstige finansiële verknorsing is en nie in staat is om werknemers te betaal nie.
Die adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Ernst Roets, sê omdat die SAUK ’n staatsinstelling is wat aan die regering rapporteer, kan reddingsboeie elke keer uitgegooi word om die SAUK te red, maar dit kom daarop neer dat onbevoegde bestuurders weens hul politieke verbindinge in hul posisies beskerm word.
The post ‘Regering moet die SAUK privatiseer’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.