![Busse vol mense by optog teen Zuma](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-83-150x150.png)
Talle busse met DA-ondersteuners het by die Westgate-vervoerstaanplek in die middestad van Johannesburg aangekom vir die optog teen president Zuma.
Volgens berigte het duisende mense met plakkate opgedaag vir die optog na die Mary Fitzgerald-plein.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, het aan ondersteuners gesê dit gaan nie oor wit of swart nie, maar oor Suid-Afrika.
Hy het gesê Suid-Afrika moet terugvat word, want dit behoort aan almal — swart, wit, bruin en Indiër.
Verkeersopeenhopings het ook vanoggend op die N2 by Kaapstad voorgekom weens anti-Zuma-betogings.
Twee vragmotors, waarop geskryf was, Zuma must go, het stadig gery en ook in ‘n stadium gestop en die verkeer tot stilstand gebring.
The post Busse vol mense by optog teen Zuma appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.