![2 mans in hof oor vrou se moord](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_1-64-150x150.jpg)
Twee mans het in die Cullinan-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 50-jarige Riekie Steenberg op 29 Junie verlede jaar.
Dolfie Sambok is Dinsdag naby Brits in Noordwes hegtenis geneem en Karabo Semake is Woensdag naby Rustenburg aangekeer.
Steenberg is op ’n hoewe in Leeuwfontein, noordoos van Pretoria, dood toe ’n bende rowers op haar en haar man, Jurie, geskiet het.
Die beskuldigdes sal tot met hul volgende hofverskyning op 12 April in aanhouding bly.
The post 2 mans in hof oor vrou se moord appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.