Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Verskeie protesoptogte teen Zuma

$
0
0
Verskeie protesoptogte teen Zuma

Honderde mense het reeds op verskeie plekke regoor die land met protesoptogte teen president Jacob Zuma begin.

Talle mense is op Kerkplein in Pretoria byeen vir ‘n optog van Save South Africa na die Uniegebou.

Pretoria se hooflanddros het gisteraand ‘n dringende interdik deur die veldtog om die optog wettig te verklaar, toegestaan.

In Port Elizabeth is twee massa-saamtrekke deur die stadsraad goedgekeur.

Die SAKP het intussen laat gisteraand besluit om vandag se optog na die nasionale tesourie in Pretoria uit te stel.

Die SAKP se sekretaris in Gauteng, Jacob Mamabolo, sê die besluit is geneem nadat die waarnemende polisiekommissaris, luitenant-generaal Khomotso Phahlane, gesê het vandag se betogings in Pretoria is onwettig.

Hy sê die SAKP beoog om binne die volgende twee weke ’n plakkaatbetoging by die tesourie te hou.

Verskeie Nyala-polisievoertuie met vragte doringdraad het ook vroegoggend by die Uniegebou in Pretoria aangekom.

Lede van die veteranevereniging van Umkhonto weSizwe en die ANC-jeugliga het by Luthuli-huis in Johannesburg byeengekom om die ANC se hoofkwartier te beskerm.

The post Verskeie protesoptogte teen Zuma appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!