![Welkome reën vir die Rosestad](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rain_2-3-150x150.jpg)
Welkome reën het verlede nag oor die grootste deel van ons uitsaaigebied
begin uitsak.
Die neerslae, wat `n frontale oorsprong het, sal veroorsaak dat die versengende hitte van die afgelope tyd ietwat gebreek word.
Die koeler weer is ook die voorloper van vanjaar se winter.
Die Rosestad en omgewing sal vandag na verwagting `n aangename maksimum van 21 grade Celsius ervaar.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die reën behoort oor die naweek en in `n deel van volgende week voor te duur.
The post Welkome reën vir die Rosestad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.