![VN bespreek chemiese lugaanval](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-56-150x150.png)
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het gisteraand Suid-Afrikaanse
tyd in New York vergader om die chemiese lugaanval op ‘n rebelle beheerde dorp in Sirië waarin minstens 58 mense dood is, te bespreek.
Die VN se gesant in Sirië, Staffan de Mistura sê volgens berigte is chemiese bomme laat val uit ‘n vliegtuig wat aan die Siriese lugmag behoort.
Politieke ontleders sê ofskoon die aanval deur die VSA, Brittanje, Duitsland en Frankryk veroordeel is, dit te betwyfel word of dit deur daadwerklike optrede teen die Siriese president Bashar al-Assad opgevolg sal word.
The post VN bespreek chemiese lugaanval appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.